AMPER BO 4x4 – kamp, slegs vir 4x4 voertuie.

Die kamp is gelee teen die berg en het beeldskone panoramiese uitsig oor die hele Vallei! 

Akkommodeer  12 volwassenes en 5 kinders. 

Naweek kan wees vanaf Vrydag oggend tot Maandag oggend.

Minimum bespreking van 6 persone. 

Kamp is ten volle toegerus, swembad, groot lapa,  kombuis, yskas, vrieskas en  braai.

Voorsien  u eie swemhanddoeke, ys en vuurmaakhout.

6 Chalets ten volle toegerus,  met elk eie stortgeriewe en toilet.

Donkie vir warmwater wat self beman moet word, hout word voorsien.

Groot skadu afdak vir voertuie .

Troeteldier vriendelik.

Wildsritte op aanvraag beskikbaar.

Skoonmaker op aanvraag beskikbaar.